Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 1 APRIL 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Die bulletin word deur ZS6JPL via Echolink herlei. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

REGISTRASIE VIR DIE 2018 SARL AJV

NA 37 JAAR VAN ONAKTIWITEIT ONTVANG NASA REAKSIE VAN DIE VOYAGER 1 RUIMTETUIG

en

GROOT METEOOR STORT SEISOEN BEGIN HIERDIE MAAND

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

REGISTRASIE VIR DIE 2018 SARL AJV

Die Nasionale Konvensie-organiserings komitee van die Pretoria Amateurradioklub wil graag die lede bedank wat reeds hul AJV-registrasievorms ingedien het. Terselfdertyd versoek PARK alle lede wat van plan is om die AJV by te woon en wat nog nie hul registrasievorms gestuur het om dit dringend te doen nie, sodat ons die hoof telling vir die AJV, middagete en Toekenningsdinee kan finaliseer.

PARK moet die finale getalle met die Byeenkoms Koördineerder by die Farm Inn bevestig op die laatste teen 12 April 2018. Die AJV registrasievorm en verwante inligting is beskikbaar op die Liga se webtuiste. Vir meer inligting, kontak gerus vir Etienne Naude by etienne@afrigrid.com of skakel hom op 082 553 0542.

Indien jy nie die Algemene Jaarvergadering kan bywoon nie, gee asseblief jou volmag stem aan 'n lid wat sal bywoon.

DRIE KOMPETISIES VOLGENDE WEEK

Die eerste been van die gewilde SARL 80 meter QSO Geselligheid vind plaas op Donderdag 5 April 2018 vanaf 17:00 tot 20:00 UTC op die lug met foon aktiwiteit tussen 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Let asseblief daarop dat die segment 3 651 tot 3 699.99 KHz kompetisie vry is. Die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-sein verslag en jou naam. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stasie of as 'n kort-golf luisteraar. Jy kry 10 punte vir elke kontak met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke kontak met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate moet SLEGS in MS Excel formaat ingedien word teen 12 April 2018 per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za.

Die eerste RaDAR Uitdaging vir 2018 vind plaas op Saterdag 7 April 2018 van 00:00 tot 23:59 UTC. Alle amateur bande word toegelaat, insluitende kruisband kontakte via amateur radio satelliete en alle modusse - gelykgolf, ESB, FM of enige wettige amateur radio digitale modus. Die uitruiling is jou roepsein, jou naam, ‘n RS(T) verslag en ruitvierkant. Logstate moet ingedien word teen 14 April 2018 en per e-pos aan edleighton@gmail.com gestuur word.

Die eerste SARL BHF/UHF Digitale kompetisie met RTD/PSK/WSJT, maar nie beperk tot hierdie modusse nie, vind plaas vanaf 10:00 UTC Saterdag 7 April 2018 tot 10:00 UTC Sondag 8 April 2018 met aktiwiteit op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur stasie, 'n multi-operateur stasie, 'n draagbare/veldstasie of 'n beperkte 4 uur-stasie. Kontakte moet tweerigting wees. Die BHF/UHF logstaat en opsommingsblad is beskikbaar in MS Excel formaat op die Liga se webwerf en logstate moet ingedien word teen 16 April 2018 per e-pos aan contest@sarl.org.za.

Raadpleeg asseblief die 2018 SARL Blouboek vir al die inligting oor hierdie drie kompetisies.

NA 37 JAAR VAN ONAKTIWITEIT ONTVANG NASA REAKSIE VAN DIE VOYAGER 1 RUIMTETUIG

Die stukrag toestelle aan boord van die Voyager 1 ruimtetuig het gedoen wat ons gedink het onmoontlik was. Na 37 jaar van onaktiwiteit, het NASA sopas die reaksie van die ruimtetuig 20 miljard kilometer weg ontvang, het NASA in 'n verklaring op sy webwerf gesę. Voyager 1 is NASA se verste en vinnigste ruimtetuig. Dit is op 5 September 1977 gelanseer. Met 40 jaar, 6 maande en 14 dae diens tot 19 Maart 2018, maak die ruimtetuig gebruik van klein toestelle genaamd "thrusters" om homself te oriënteer, sodat dit met die Aarde kan kommunikeer. Hierdie stukrag toestelle brand in klein pulse vir millisekondes, om die ruimtetuig subtiel te draai sodat sy antenna na ons planeet wys. Nou kan die Voyager-span 'n stel van vier stukrag toestelle gebruik wat sedert 1980 onaktief is.

"Met hierdie stukrag toestelle wat nog steeds na 37 jaar funksioneel is, kan ons die lewe van die Voyager 1 ruimtetuig met twee tot drie jaar verleng," het Suzanne Dodd, projekbestuurder van Voyager by die NASA se Stralingslaboratorium (JPL) in Pasadena, Kalifornië gesę. "Die Voyager-vlugspan het dekades-oue data uitgegrawe en die sagteware nagegaan wat in 'n verouderde rekenaartaal gekodeer is, om seker te maak dat ons die stukrag toestelle veilig kan toets," het Chris Jones, hoofingenieur by JPL, gesę.

SDR WERKSWINKEL OP 5 MEI

Die volgende AMSATSA/SARL SDR werkswinkel word op 5 Mei 2018 by die Nasionale Amateur Radio Sentrum in Gauteng gehou. Die program sluit in: die opstel van jou stasie na die bediener om outomaties jou data op te laai, watter tipe antennas om te oorweeg, ‘n in-diepte bespreking met Vince Harrison, ZS6BTY, en ‘n inleiding tot GNU Radio. Die registrasiefooi is R50 vir SARL en AMSATSA lede en R100 vir nie-lede. Meer inligting en die registrasievorm kan gevind word op www.amsatsa.org.za.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

WORD RADIO AKTIEF OP ‘N ANDER MANIER

Die SARL sal binnekort ‘n 3-minuut tydgleuf op LM Radio betrek. Dit sal in die middel van Saterdagoggend op 702 kHz AM vanuit Johannesburg uitgesaai word. Die SARL nooi alle jong radio amateurs uit om ‘n WhatsApp spraaknota te stuur. Los ‘n nota waaroor jy sę jy dink dat amateur radio “koel” is of "Amateur radio is koel want dit gebruik nuwe tegnologieë.” Gebruik jou eie woorde. Begin jou spraaknota met “ek is, jou naam en roepsein.” Die spraaknota moenie langer as 1 minuut wees nie. Stuur jou spraaknota na 076 402 1464. Jy mag dalk net die volgende radio ster wees.

ROWER WAARSKUWING

Francois Botha, ZS4X, het die SARL-kantoor en SARL-nuus in kennis gestel dat sy ou roepsein, ZS6BUU, deur 'n rower stasie op die FT8-modus gebruik word. OKOSA het bevestig dat ZS6BUU nie weer uitgereik is nie.

RADIO AMATEUR PUBLISEER SY EERSTE BOEK

Martin Schwella, ZS4MC, is 'n bekende illustreerder in Bloemfontein. Hy het sy eerste boek "Die Ware Wenner" gepubliseer. Toe sy vrou Simoné swanger geword het, het Martin besluit om 'n boek vir sy nuwe seun te skryf. Hy is nou besig met 'n tweede boek. As jy op soek is na boeke vir jou jong kinders of kleinkinders, kontak Martin, ZS4MC. Die boeke is beskikbaar in Afrikaans en Engels.

GROOT METEOOR STORT SEISOEN BEGIN HIERDIE MAAND

Daar is 10 groot meteoor storte met sigbare sterte van 15 per uur of meer wat in April begin en aan die begin van Januarie volgende jaar eindig. Die groot meteoor storte met hul piek datums en maksimum sigbare sterte word hieronder gelys:

Lyrids: 22 April (20 sterte)
Eta Aquarids: 6 Mei (50 sterte)
Bedagse Arietids: 7 Junie (50 sterte)
Suidelike Delta Aquarids: 28 Julie (25 sterte)
Perseids: 12 Augustus (120 sterte)
Draconids: 8 Oktober (daglig, seldsaam sigbaar – het ‘n 3-minuut 3-rigting FM kontak gelewer op 50 MHz)
Orionids: 21 Oktober (15 sterte)
Leonids: 17 November (15 sterte - elke 33 jaar kan bykans voortdurende sterte voortbring gedurende sy piek periode)
Geminids: 14 Desember (120 sterte)
Quadrantids: 3 Januarie (120 sterte)

Baie groot meteoor storte word sigbaar weke voor hul piek periodes en verval dan oor die volgende paar weke terwyl ander slegs ‘n dag of wat voor en na hul piek periodes verskyn. Klein meteoor storte kom daagliks voor, maar piek vroeg in die oggend en maak digitale kontakte op 50, 70 en 144 MHz moontlik. Daar is tans 95 meteoor storte, groot en klein, teenwoordig reg deur die jaar.

UITSLAE VAN DIE SARL BHF/UHF ANALOOG KOMPETISIE

Die uitslae van die eerste been van die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie gehou op 10 en 11 Maart 2018 is vrygestel.

Carl Minne, ZS6CBQ, is die algehele wenner met 165 542 punte en hy is die wenner van die basisstasie, enkel operateur kategorie. Christo Greyling, ZR6AUI/4, met 80 709 punte is die wenner van die Veldstasie-kategorie. Jacques Louw, ZS4WW, met 66 220 punte is die wenner van die Beperkte 4-uur-kategorie en die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG, met 36 354 punte is die wenner van die Klub/Multi-operateurs kategorie. Die volledige stel uitslae is beskikbaar by www.sarl.org.za/public/contest_results/contestresults.asp

SARL DIGITALE KOMPETISIE UITSLAE

Slegs vyf logstate is ontvang. Die uitslae van die SARL Digitale Kompetisie wat op 25 February gehou is, is as volg:

Allan Saul, ZS1LS, met 267 punte is die wenner gevolg deur Jess Clark, ZS6JES, met 204 punte, Jan Botha, ZS4JAN met 201 punte, Theunis Potgieter, ZS2EC, met 119 punte en Pieter Jacobs, V51PJ, met 6 punte. Baie geluk Allan!

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en daar is ook geen kans vir sonfakkels nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

5 April – die SARL 80 m QSO Geselligheid
7 April – die RaDAR Uitdaging
7 en 8 April – die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie
13 tot 15 April – die SARL Nasionale Konvensie in Pretoria
18 April – Węreld Amateur Radio Dag
21 April – die Herfs QRP Kompetisie
22 April – die ZS4 Naelloop en registrasie vir die Mei RAE sluit
5 Mei – die SDR Werkswinkel by die NARS

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Nasionale Konvensie-organiserings komitee van die Pretoria Amateurradioklub wil graag die lede bedank wat reeds hul AJV-registrasievorms ingedien het. Terselfdertyd versoek PARK alle lede wat van plan is om die AJV by te woon en wat nog nie hul registrasievorms gestuur het om dit dringend te doen nie, sodat ons die hoof telling vir die AJV, middagete en Toekenningsdinee kan finaliseer.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, geredigeer deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003